Tuesday, May 12, 2009

Werwing met ‘n verskil


Op 27 Januarie het ‘n paar van ons Staatmakers die Eerstejaar bemarkings stalletjie in die Neelsie beman. Daar was ‘n fotobord met foto’s van Staatmaker gebeure van 2008, ‘n skootrekenaar met ‘n “slide show” van foto’s en pittige plakkate wat die Staatmaker bemarking slagspreek van 2009: “Dit klink net beter in Afrikaans” uitgebeeld het. By hierdie stalletjie kon beide nuwe en ou Staatmaker lede inskryf, en ook sommer ‘n voorsmakie kry oor wat beplan word vir die eerste kwartaal se aktiwiteite, onder andere ‘n wyntoer en bybelstudie klasse, wat net lekker kan raak.

Vuurhoutjie boksies wat deur baie vlytige Staatmakers aanmekaar gesit is, is ook uitgedeel wat hopelik sal sorg dat meer mense van die Staatmakers te hore sal kom, en so hopelik die ledetal vir 2009 sal vergroot. Die vlymskerp bemarkings poging was ‘n bron van vele glimlagte, veral wanneer die slagspreek: “Stink-mouse-dog, dit klink net beter in Afrikaans” gelees is. Die dag was lank, maar redelik suksesvol en die bemarkings span onder leiding van Rose Marie kan geluk gewens word met ‘n baie indrukwekkende campaign, waarvan die plakkate definitief gewild sal wees op kampus. Dankie ook aan Nanike, Jacques, Roos en Kobus vir hul moeite om die stalletjie te versier met foto’s, inligting te verskaf en vir hul hulp met die bemanning van die stalletjie. Mag die Staatmakers die vrugte van hierdie harde werk pluk. 

0 comments: