Tuesday, February 3, 2009

Ons braai alweer, nes boere kan.


Op ‘n lekker lente aand het ‘n paar Staatmakers uitgedos in hul eie voorstelling van Boeredrag, by die Stellenbosch Voortrekker Laer bymekaar gekom. Die vuur het teen daardie tyd al lekker gebrand, en daar is toe begin kuier soos net Staatmakers kan. In die kombuis het ‘n paar meisies onder leiding van Nanike, aan die werk gespring om ‘n paar braaibroodjies vir die hongeres aan mekaar te slaan. Met die broodjies klaar het dit heel jolig om die vuur begin raak.





 

Almal het ‘n interessante voorstelling van Boere drag gehad, en alhoewel Jakobus se Rambo-Boere drag afwesig was, het hy steeds daarvoor opgemaak met ‘n splinternuwe  kostuum. Nadat ons lekker om die vuur geskerts en gespot het, het almal lekker gesmul aan die vleis wat deur die Braaiers gebraai is. Die aand het ook as ‘n afsluiting vir die Staatmakers van 2008 gedien, net voor die gevreesde laaste eksamen var die jaar. Die jaar was daarom goed afgesluit, en die Staatmakers was waarlik geseën om uitstekende nuwe lede by te kry, wat net ‘n aanwins vir die Stellenbosch Staatmakers sal wees.  

1 comments:

Anonymous said...

Dis JaCobus!