Hulle sê as jy ver gaan trek moet die osse vars, die rieme styf en die wapens gelaai wees. Vir ‘n baie ver ent moet jy ook seker maak dat daar genoegsame geskikte weiding vir die osse op die pad en by jou destinasie is.
Vier Quercus Staatmakers het nie geweet watter gras is daar te eet by die Vaaldam nie, maar het, voor die haan al ‘n piep gemaak het, daarna vertrek om te gaan sien.
Na etlike ure, wat stowwerige landsakp ingesluit het (ek dink hulle sê die staat is vry?), het ons die vreugdevure bereik en en is ons gegroet met ‘n hartlike, “die kapenaars is uiteindelik hier!” Vinnig was hande uitgesteek na en van ou kenisse en gesprekke is aangeknoop.
By die volgende dag se vergaderde samekoms het ons gevoel dat ons ‘n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die sake wat bespreek is, daar was o.a. gepraat oor die feit dat alle staatmakers die staatmakerkursus moet voltooi.
“Reg!”
“Rieme!”
“Styf!”
“Wapens!”
“Gelaai!”
en ons is weer op pad. Nou
0 comments:
Post a Comment