Saturday, September 20, 2008

Die Vlotvaart

Die gedagte aan vlotvaart was altyd een van die mees opwindendste van my jare as Verkenner gewees. Die uitsien na die vertrek met die vragmotor met al die dromme en planke daar van ons plaas op Wellington. En nou dat ek hier op Stellenbosch by die Quercus Staatmakers aangsluit het, is my lojaliteite ietwat verdeel.

Want sien, die Quecus Staatmakers wat vanjaar aan die vlotvaart deelgeneem het, was maar hoofsaaklik die ou Wellingtonners, en dan het hulle boonop nog met een van Wamekersvallei se vlotte gevaar.

Om die politieke inkorrektheid van die hele situasie net nog verder te vereger is ons ook ingeskryf as ’n Wellington vlot. Maar alle ongeruimdhede en ook die debatte oor waar presies ons vandaan kom raak werklik irrelevant as ons onthou dat almal by die Vlotvaart ons sleg ken as die Staatmakers.

Die dag op die water was taai, want die heemrade van Wamakersvallei (algemeen bekend as die “Ou Manne”), was nie van plan om deur een van hulle eie vlotte, beman deur van hulle eie kinders, weggeroei te word nie.

As hulle hul sin kon hê… wel, dan sou dit beteken dat my hande verniet so van die blase sou gelyk het. Die waarheid is egter vandag gekskiedenis. En dit is dat ons gewen het. En net om vir die mense van Wamakersvallei dankie te sê vir die volt, ontvang ons die trofee as ’n span van Wamakersvallei. En so word die kommando van ons kinderdae die een om daardie dag weg te stap met drie van die vier afdelings se eersteplekke! 

Viva Quercus!

0 comments: