Die eerste naweek van Augustus is hierdie jaar behoorlik saam met die nuwe lede van Quercus Staatmakers ingelyf. Behalwe vir die formele inlywingseremonie wat die Saterdag aand plaasgevind het, is daar ook lekker paintball gespeel (wat gesorg het vir minder en meer ernstige beserings...) en gesellig tot laat om die tradisionele Wemmerhoek kampvuur gekuier. Die ouer lede is natuurlik ook deur die nuwelinge se aandprogram en konsertjies vermaak - ‘n wonderlike geleentheid vir die groep om mekaar beter te leer ken. Sondag oggend na veldkerk was die sjokolade fabriek in Franschoek die laaste stop voor ons terug is Stellenbosch toe. Dit was voorwaar ‘n goeie ervaring om so ‘n rustige, elektrisiteitlose naweek deur te bring in die natuur en bietjie af te skakel na die semester se rowwe begin.
Die is een van ons groep foto's wat op 2008 se inlywingskamp geneem is op Wemmershoek (Skerpioen-laagte).
Voor van links: Inus, Kobus en Dané.
0 comments:
Post a Comment